Sirkadiese horlosie

Die menslike "sirkadiese horlosie".

’n Sirkadiese horlosie of biologiese horlosie is ’n biochemiese wisselaar wat stabiele siklusse aandui en met sontyd gesinchroniseer is. Die periode van so ’n horlosie in die liggaam is noodwendig amper presies 24 uur (die Aarde se huidige son-dag). In die meeste lewende organismes maak ’n interne, gesinchroniseerde sirkadiese horlosie dit vir die organisme moontlik om daaglikse omgewingsveranderings volgens die dag-nag-siklus te voorsien en sy biologiese gedrag dienooreenkomstig aan te pas.

Die term "sirkadies" is afgelei van die Latynse circa ("omtrent") en diem ("dag"), want dit dui nie presies ’n dag aan as die organisme weggeneem word van eksterne aanwysers (soos die lig in die omgewing) nie. Die horlosies in mense in ’n laboratorium met ’n konstante dowwe lig sal byvoorbeeld sowat 24,2 uur per dag aandui, in plaas van presies 24 uur.[1]

  1. Cromie, William (15 Julie 1999). "Human Biological Clock Set Back an Hour". Harvard Gazette. Besoek op 29 Julie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search